Quantum Bond is ‘n maatskappy wat namens u, die kliënt, die aansoekproses vir ‘n huislening gratis hanteer en verseker dat die proses sorgvry is en seepglad verloop.
Ons is ‘n innoferende maatskappy wat deur onderhandelinge met banke, prokureurs en ‘n verbandinisieerder ‘n pakket saamgestel het waardeur ons kliënte optimaal voordeel trek.
Nie net is ons in staat om lae rentekoerse (as gevolg van die hoë volumes besigheid wat ons vir banke genereer) vir ons kliënte te beding nie, maar ons verseker ook dat ons kliënte geen verbandregistrasiekoste hoef te betaal nie.
Ons is gelisensieer deur die Raad van Finansiële Dienste om finansiële advies te gee (lisensienommer 18585).